Patats met lemoensous

 
Kook 2 kg patats met skil tot sag

Sous:
500ml suiker
Skil van 1 lemoen gerasper
125ml botter
125 ml rosyne
125ml sjerrie of appelasyn
2.5ml gerasperde neutmuskaat
20ml mielieblom
125ml gekapte pekanneute

Kook lemoensap, skil en suiker saam tot suiker gesmelt het.
Verdik met mielieblom.
Voeg res van bestanddele by behalwe pekanneute.

Pak patat skywe in oondvaste bak.
Giet sous bo oor.
Strooi neute op patats en bak in verhitte oond 180°C vir 30min.