Gekookte Skaapboud met kruisementsous

 
  • 1. Vee die skaapboud met ʼn klam doek af en plaas in ʼn swaar, diep kastrol.
  • 2. Gooi genoeg kookwater oor om dit te bedek en prut oor lae hitte.
  • 3. Bereken die gaarmaaktyd teen 25 tot 30 minute per 500g vleis.
  • 4. Skep die skuim bo-op van tyd tot tyd en voeg sout en peper by.
  • 5. Wanneer gaar, gooi die vloeistof af en bewaar dit vir die sous.
  • 6. Sit voor met kruisementsous.

Kruisementsous
  • 15 ml (1e) strooi of versiersuiker
  • 125 ml (½ k) koppie asyn
  • 60 ml (¼ k) fyn gekapte kruisementblare.

Metode
  • 1. Los suiker in die asyn op.
  • 2. Giet oor die kruisementblare en laat ʼn halfuur op ʼn warm plek staan.
  • 3. Giet oor in ʼn souspotjie en sit voor met gebakte skaapvleis.