Biltongsop

 
2 uie gekap
100g biltong
2 knoffel huisies fyn
60 ml koekmeelblom
500 ml ligte hoender aftreksel
250 ml warm volroommelk
125 g bees biltong fyngekap
60 ml Feta kaas gekrummel

Braai die uie in die botter tot sag en deurskynend.
Voeg die knoffelhuisies by en braai tot geurig.
Voeg die meel by en braai tot die mengsel borrel.
Voeg die hoender aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Voeg die warm melk by en verhit weer tot kookpunt.
Laat prut tot gaar.
Voeg die biltong by en verpulp tot glad.
Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt, roer die feta kaas by.
Sit dadelik voor.